Senior bestuur

       
 

 

 

 

Drukmedia

Esmaré Weideman

Uitvoerende Hoof: Media24

In ’n loopbaan wat die opwindendste tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis oorspan, het Esmaré Weideman baanbrekerswerk gedoen om aktuele, innoverende en kommersieel suksesvolle publikasies en inhoud aan die Suid-Afrikaanse publiek te lewer. Die BCom en BJoernalistiek Honneurs (albei cum laude) wat sy aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het, het die grondslag gelê vir ’n hoogs suksesvolle joernalistieke loopbaan. ’n Hoogtepunt vroeg in haar loopbaan was toe sy as die enigste Suid-Afrikaanse joernalis gekies is om Nelson Mandela ná sy vrylating op sy wêreldtoer te vergesel. Sedertdien het Esmaré verskeie rolle vervul, as mederedakteur van Drum en akjunkredakteur van Fairlady, en in 2001 is sy aangestel as die jongste redakteur nóg van die tydskrif You. In 2002 het sy nog groter verantwoordelikheid gekry met haar aanstelling as gesamentlike redakteur van You en Huisgenoot – Media24 se twee winsgewendste weekblaaie – met ’n verspreiding van 4 000 000 per week. En later, in 2010, het sy hoofredakteur geword van Huisgenoot, You, Drum, Huisgenoot Pols, You / Pulse en Huisgenoot Tempo. Toekennings sluit die Piet Cillié-prys vir uitnemendheid in joernalistiek (2005) in, en die gesogte Phil Weber-toekenning vir volgehoue prestasie in ’n loopbaan by Naspers (2007).


 

Abduraghman (Manie) Mayman

Finansiële Hoof: Media24

Abduraghman (Manie) Mayman is in Januarie 2014 as finansiële hoof van Media24 aangestel. Hy is ’n geoktrooieerde rekenmeester en het die kwalifikasies Baccalaureus in Rekeningkunde (BCompt), Honneursbaccalaureus in Rekeningkunde (BComptHons) en Honneursbaccalareus in Handel (Finansiële Bestuur) deur Unisa verwerf, asook ’n Sertifikaat in Kleinhandelsbemarking van Petroleumprodukte by die Kollege vir Petroleum- en Energiestudies in Oxford. Hy het ook die Universiteit van Kaapstad se Program vir Bestuursontwikkeling en die JMW Bestuurder van die Toekoms-program voltooi. Hy is ’n voormalige direkteur van BP Suider-Afrika (Edms) Bpk. In September 2007 is hy as finansiële hoof van Media24 aangestel. Hy het die maatskappy verlaat en in 2011 teruggekeer as finansiële hoof van Media24 Koerante. Hy is in Januarie 2014 as ’n direkteur van Media24 aangestel.


 

Stephen van der Walt

Uitvoerende Hoof: Paarl Media

Stephen van der Walt het in 2000 sy loopbaan by die Naspers-groep as groep finansiële direkteur van Paarl Media Beherend begin. Hy is in 2004 as bedryfshoof van Paarl Media Beherend aangestel, en in 2005 as uitvoerende hoof.


 

Fergus Sampson

Uitvoerende Hoof: Media24 Koerante

Fergus Sampson is die uitvoerende hoof van Media24 se Koerant-afdeling. Sampson, wat in Suid-Afrika gebore en getoë is, het sy voorgraadse studie in die VSA voltooi en kort daarna by die koerantbedryf aangesluit. Hy het sy tande geslyp by Independent Newspapers in Suid-Afrika, waar hy 'n drietal suksesvolle sokkertydskrifte geloods het. Sampson het by Deon du Plessis aangesluit in sy soeke na 'n koerant vir die werkersklas in Suid-Afrika, en 'n stigterslid geword van die koerant Daily Sun. Hy was vyf jaar lank hoofbestuurder van Daily Sun en het gehelp om die koerant se ontwikkeling vanaf konsep tot die grootste dagblad en voorste koeranthandelsmerk in Suid-Afrika te lei binne vyf jaar. Sampson dien in die direksies van Natal Witness, die Suid-Afrikaanse Persvereniging, Drukmedia Suid-Afrika en MultiChoice.


 

John Relihan

Uitvoerende Hoof: Media24 Tydskrifte

John Relihan is al amper 30 jaar in die mediabedryf in Suid-Afrika. Sy loopbaan sluit koerante, boeke, musiek, aanlynkleinhandel en tydskrifte in. Hy het sy loopbaan as ’n joernalis begin en was betrokke by die groep se bekendstelling van die eerste gratis gemeenskapskoerant. Hy het verskeie redakteursposte beklee, soos motor-redakteur en redakteur van die streekuitgawe (Oos-Kaap) van ’n groot dagblad – Die Burger. Hy is as hoofbestuurder van Media24 se boek- en musiekklubs aangestel en het Kalahari.net (Afrika se grootste aanlynkleinhandelaar) bekend gestel. John was die afgelope sewe jaar betrokke by tydskrifuitgewery in Media24 en verantwoordelik vir algemene (gesinsgerigte) titels, reis- en motortitels. Die portefeulje met sowat 14 titels is uiteenlopend en wissel van die grootste weekblad in Suid-Afrika (Huisgenoot and You) tot ’n jong maandelikse strokiestydskrif (Mshana) wat op jong mans gemik is. John is vanaf 1 Maart 2008 as uitvoerende hoof van Media24 Tydskrifte aangestel.


 

Jonathan Ball

Hoofbestuurder: Jonathan Ball Publishers

Jonathan Ball is in Johannesburg gebore en getoë. Hy het in 1971 by boekuitgewery betrokke geraak toe hy by Collier-Macmillan aangesluit het. Daarna het hy na Macmillan geskuif en in 1976 Jonathan Ball Uitgewers begin. Jonathan Ball Uitgewers het in 1992 deel van die Naspers-groep geword.


 

Hein Brand

Uitvoerende Hoof: MIH Drukmedia

Hein Brand het in 1998 as finansiële bestuurder by Naspers aangesluit. Hy is ’n voormalige finansiële direkteur van Media24, uitvoerende hoof van Via Afrika en later besturende direkteur van Media24. Hy is in Augustus 2008 aangestel as uitvoerende hoof van MIH Internet Latyns-Amerika, maar met behoud van verantwoordelikheid vir alle MIH-drukmediabeleggings buite Afrika, waarvan die noemenswaardigste die belegging in die vooraanstaande Brasiliaanse tydskrifuitgewer Abril en twee Chinese drukmediabeleggings is.


 

Eloise Wessels

Uitvoerende Hoof: NB-groep

Eloise Wessels het in 1999 by die Naspers-groep aangesluit as uitgewerbestuurder by die akademiese boekuitgewer Van Schaik. Sy is later tot uitvoerende hoof van dieselfde maatskappy bevorder en het in 2004 uitvoerende hoof van die handelsuitgewer NB Uitgewers geword. Eloise is tans aan die hoof van die NB-groep, wat uit NB Uitgewers, Van Schaik Uitgewers en Lux Verbi Uitgewers bestaan. Sy is ’n direkteur van Via Afrika Beperk.


 

Fábio Barbosa

Uitvoerende Hoof: Abril (Brasilië)

Fabio Barbosa het sy loopbaan in 1976 in die finansiële afdeling van Nestlé begin, waar hy tien jaar gewerk het. Hy was uitvoerende visepresident van Citibank en voorsitter van LTCB Latyns-Amerika, die Brasiliaanse filiaal van Japan se Langtermyn-kredietbank. Mnr Barbosa het uitvoerende hoof van ABN Amro Bank geword, wat onder sy beheer Banco Real verkry het. In 2008 het hy voorsitter geword van Banco Santander Basil, na die koop van ABN. In 2011 het hy die pos van lid van die Raad van die Verenigde Nasies se Stigting (VN-Stigting – New York) aanvaar en is hy bekroon as ’n Leier vir Maatskaplike Verandering van die Stigting vir Maatskaplike Verandering in vennootskap met die VN. Hy het ook as Persoon van die Jaar erkenning ontvang van die Brasilië-Verenigde State Kamer van Koophandel in New York. Fabio het ’n graad in Besigheidsadministrasie aan Fundação Getulio Vargas in São Paulo verwerf en MBA aan die Instituut vir Bestuursontwikkeling in Lausanne, Switserland.